Search health advice

Question

Posted by: Jacobus Q Jaftha | 11/03/2019

Q
Theatre Dr, kan 'n sistoskopie & retrograde gelyktydig gedoen word?

Ek most 'n opvolg sistoskopie & retrograde oor2 weke ondergaan na diagnose van graad 3 blaaskanker (nie-verspreid) en ondervind steeds pyn met urinering na laaste prosedure op 24/12/2018. Verder ondervind ek ook die afgelope week brandpyne in my anus terwyl ek geensins hardlywig is nie. Is dit moontlik dat ek bovermelde prosedure gelyktydig met'n kolonoskpoie kán laat doen?

EXPERT’S REPLY

Posted 14/03/2019

A

Geagte Mnr Jaftha, dit is ongelukkig nie moontlik om 3 sulke verskillende prosedures gelyktydig te laat doen nie. ‘n Sistoskopie word in ‘n urologiese teater gedoen en ‘n retrograde sistogram word gewoonlik in die radiologie afdeling gedoen. Hierdie prosedures word gewoonlik deur uroloë gedoen. ‘n Kolonoskopie, daarenteen, word deur ‘n specialist gedoen wat met die mens se maagdermkanaal ate doen het. Die prosedures is uitenrs uiteenlopend end it is nie moontlik om al hierdie prosedures gelyktydig te doen nie. Die dokters mag selfs besluit dat die sistoskopie en retrograde sistoskopie ook nie gelyktydig gedoen kan word nie, maar op verskillende dae. (MCH).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Advertisement

POLL

%
Thank you for participating

%
Thank You for subscribing!